Contact us
+27 58 913 2961
E-mail us
vbd3@vbdmakelaars.co.za
Gemagtigde finansiële dienste verskaffer
FDV No: 16864
Masthead no: 905230
FDV No: 16864
Masthead no: 905230
Welkom
S.P. Naude, ‘n dinamiese entrepreneur, het sy beroep as vlugingenieur vaarwel toegeroep. Hy het die besluit geneem dat hy voortaan sy passie vir mense deel van sy beroepslewe wou maak en begin werk as ‘n versekeringsmakelaar.
Sodoende het die deure van die welbekende Vrede Besigheidsdienste BK geopen in Desember 1991, te Vrede, waar dit elke jaar van krag tot krag aanhou groei. Hierdie besigheid se groei en sukses het saam met die boerdery omgewing uitgebrei en die uitsonderlike manier waarop ons die kliënt voorop stel en persoonlik leer ken, is en was nog altyd ons trots. Die doelwit van ons besigheid is om ‘n nuwe standaard daar te stel vir die diens, en afhandeling van eise. Ons kliënte se welsyn en tervredenheid bly ons oogmerk jaar in, en jaar uit. Sedert Vrede Besigheidsdienste BK se ontstaan het die werkskorps, of die gesinskring, soos ons graag daarna verwys, effektief saam met die besigheid uitgebrei. Hierdie doeltreffende, gemotiveerde span ontvang gereeld opleiding, van verskeie maatskappy, om te verseker dat hul aan die voorpunt van versekering staan.
Oorsig
Vrede Besigheidsdienste BK is ‘n gelisensieërde Finansiële Diensteverskaffer (Lisensienommer 16864) en bied sedert 1991, mediese fonds, korttermyn, beleggings en lewensversekering oplossings aan kliënte. Vanaf Februarie 2011 is ons gekeur deur Liberty Life en Afgri om kredietlewensversekering om te skakel na permanente versekering.
In September 2015 is ons deur VKB geselekteer om soortgelyke versekering te doen. Ons het verskeie toekennings ontvang, onder andere vanaf Sanlam, Liberty, Momentum , Quicksure en ACA vir goeie besigheidsetiket en diens. Vrede Besigheidsdienste BK het ook ’n goue toekenning by Masthead gekry vir nakoming volgens FSB vereistes. Met diens en kundigheid van hoë standaard, is ons bevoorreg om lojale en deurlopende ondersteuning van ons kliënte te ontvang. Ons streef voortdurend na innoverende administrasie, met ‘n dinamiese span wat almal toegewyd en passievol is om werêldklas diens aan ons kliënte te lewer. Met al hierdie in gedagte, waarom sou u dan nie Vrede Besigheidsdienste BK ‘n kans wou gee om na u versekeringsbehoeftes om te sien.
Produkte en Dienste
Lewensversekering
- Lewensdekking
- Ongeskiktheidsdekking
- Kritieke siekte/Trauma
- Inkomste beskermer
Korttermynversekering
- Persoonlike versekering
- Kommersiële versekering
- Agri/Landbou versekering
- Transport versekering
- “Body Corporate” versekering
Beleggings & Annuiteïte
- Kort – en langtermyn beleggings
- Annuiteïte en pensioen voordele
Bykomende dienste
- Testamente
- Boedelontledings
- “Child educator” voordeel
- Finansiële behoefte ontleding
ONS Besigheidsvennote
Oor die afgelope 27 jaar het ons agentskappe met verskeie versekeraars wat uitstekende dienste en produkte aan ons bied, gevorm om sodoende top gehalte versekering aan ons kliënte beskikbaar te stel.
- Liberty
- Landmark
- Sanlam
- IUM
- Momentum
- Quicksure
- Hollard
- Santam
- Discovery
- De Necker & Co